JEUGBEDIENING


Groeigoggas en Kleinkerkie (Kleuters tussen 3 en 6 jaar)
Kinderkategese word in die vorm van Groeigoggas (@Curro) en Kleinkerkie (Sonstraal) vir die 3- tot 6-jariges aangebied. Ons maak hulle deur speel en ander aktiwiteite vanaf ʼn jong ouderdom deel van die gemeente en leer hulle van kleins af die Evangelie.

Klein Dissipelkerk (Gr. 1 – 6)
Beide Sonstraal en @Curro het eredienspunte vir die junior kategese groepe. Die kinders is saam met hulle ouers in die erediens tot net voor die preek begin, en beweeg dan na hulle eie lokaal vir Klein Dissipelkerk. Daar word dieselfde teks en tema as in die hoof erediens op ʼn kindervriendelike wyse hanteer. Kleingroepbesprekings en aktiwiteite word ook vir hulle aangebied.

Tieners
Die aanddiens (by die kerksentrum) is die hartklop van die tienerbediening. Tieners vanaf graad 7 is welkom by hierdie dienste waar hulle deur “live worship” as gemeenskap van gelowiges saam na God soek. Die boodskappe wat met hulle gedeel word, is gepas en lewendig. By die aanddiens is almal welkom en stap hulle die pad saam om God se liefde en genade te ontdek.
Na afloop van die diens kan die lede van die verskillende graadgroepe saam kuier om oor die boodskap van die diens te gesels. Die groepe word deur ‘n span passievolle jongmense en volwassenes gelei.

Jong volwassenes
Alle jong volwassenes word na die aanddienste genooi. Hierdie dienste is só ingerig dat alle jongmense tuis voel, wat dit die perfekte plek vir hulle maak om die Here te ontmoet.
Verskeie geleenthede word deur die jaar vir die jong volwassenes beplan. Hou die kerk se inligtingsblaaie dop vir meer inligting hieroor.

Belydenisklas 
Ons nooi die graad 11’s om by die belydenisklas in te skakel. Die belydenisjaar is propvol opwindende gesprekke, worstelinge met geloofsvrae, ‘n kamp, aktiwiteite en kompetisies. Hulle vertrek op ‘n geloofsreis waar hulle die pad vier wat die Here met hulle stap. Hulle leer om dit wat hulle glo in hulle eie woorde te bely en hulle opnuut aan die Here te verbind.

Jeuguitreike
Die jeug is by ‘n verskeidenheid uitreikgeleenthede betrokke. Ons glo dat ons na diegene naby aan ons moet uitreik en moet probeer om gereelde uitreike in ons eie gemeenskap en omgewing te hou.
Ons is eensgesind met die #imagine-beweging en is betrokke by die verskillende projekte en geleenthede wat daar beskikbaar is.

 

Kategeselesse – klik hier vir die lesse

Godsdiensonderrig aan Laerskoolkinders

Ferdinand Deist het in 1991 daaroor ‘n boek geskryf wat deur J.L. van Schaik uitgegee is [ISBN 0-627-01736-3].
Klik hier vir toegang tot die reeks.

Belydeniskamp 2022