Ons Jeug bediening bestaan uit drie fasette:

  • Die Kinderbediening
  • Die Tienerbediening
  • Die Jong-volwasse Bediening

Die styl van ons Sondag aand Ignite-erediens (18:00) is kontemporêr, met meer moderne musiek en informele prediking. Daar is ook altyd ’n geleentheid vir kuier en koffie ná die erediens. Enigiemand is welkom om deel te word van die kerk se gemeenskap van jong volwassenes.