IGNITE-erediens

Hierdie erediens begin 18:00 op Sondae en is oop vir enige iemand om by te woon. Die temas en preke handel oor ’n diepe spiritualiteits-pad saam met God, en is van toepassing op alle ouderdomme.

Die styl van erediens is kontemporêr, met meer moderne musiek en ‘n meer informele styl van prediking. Daar is ook altyd geleentheid vir kuier en koffie na die erediens en enige iemand is welkom om dit by te woon en deel te word van die Jong-volwasse gemeenskap van die kerk.