TIENERS

Brandstof (Gr. 7-11) kuiertyd
17:30 (Sondagaande voor die Ignite-diens)

Die Gr 7’s tot Gr 11’s het in die aande by Sonstraal (Kerksentrum) ‘n erediens wat hulle bywoon genaamd IGNITE@sonstraal. Hierdie erediens het ‘n meer kontemporere styl van erediens, moderne musiek en informele styl van prediking. Die tieners kom van 17:30 af bymekaar by die kerk om koffie te drink en te kuier, maar ook natuurlik om bietjie pool te speel. Die erediens begin 18:00 in die aande en is tot 19:00. Na die verloop van die erediens gaan die Gr 7-10s na hulle Kategese klasse toe, waar daar met hulle materiaal hanteer word wat handel oor die erediens. Die idee is om die tieners op ‘n pad van spirituele groei en ontdekking te lei by hulle groepe.

Gr 11 –Groep
Hierdie groep is ons belydenis groep, hulle gaan na afloop van die erediens na hulle eie lokaal toe waar hulle deur ‘n aanbieder op die pad na Belydenis van Geloof gelei word. Hierdie groep gaan ook saam op ‘n Belyndenis kamp later in die jaar om as ‘n groep bietjie saam te groei en te worstel deur moeilike geloofs-vrae.

Gr 12-Groep
Ons het ‘n Gr 12 groep wat na hulle eie lokaal toe gaan na die afloop van die erediens om saam deur ‘n invloedryke boek te werk wat hulle help met die pad voorentoe na “studentwees” en Jong-volwassenheid.

Die WWW- Groepe
Die “Wacky Weekly Worship” groepe is geleenthede wat geskep word vir die Tieners om hulle eie selgroepe en groeigroepe te vorm. Hierdie groepe kom weekliks bymekaar om te gesels en Bybelstudie te doen wat aan hulle gestuur word. Dit is altyd lekker om ‘n groep te hê waarmee jy kan deel.