BOTTELARY


Ons droom is om die liefde van Jesus uit te dra en die gemeenskap te dien deur hande te vat met Bottelary tot die leiers onafhanklik kan voortgaan om mekaar te bedien. Ons kom elke Sondag en verskeie ander dae bymekaar vir Sondagskool, kerk en ander byeenkomste. Die bediening by Bottelary bestaan tans uit ’n leesklas; toebroodjies en melk met aankoms; lof en aanbidding; dissipelskapgroepe vir die kinders; en Woordverkondiging aan die volwassenes. Klere en ander bedieninge (byvoorbeeld Project Prettiness, Project Upliftment, skoenboks-projek) vind plaas soos nodig.

Wat gebeur:
Weeklikse eredienste is as volg:
09:00-10:00 Leesprogram en Vryspel met kinders
09:30-10:00 Broodjies
10:00-11:00 Sondagskool en Lof
11:00-11:45 Volwasse erediens
11:45-12:30 Ete

Betrokkenes:
Vir navrae kontak Dr. Andries Cilliers - 084 528 8717.
Leier/koördineerder: Dr. Andries Cilliers
Hulp-leier: Hester du Toit - 021 976 5527.
Vrywilligers: Hettie en Kobus van der Walt, Amanda en Kobus Louw, Don Park, Corinne Jansen, Liezel Dry (Mosaïek-helpers: Elunda Basson, Zonica Mynhardt, Rene van Hulst, Sophia Nieman, Briëtta Rautenbach)

Betrokke buite-instansies: Helping Angels, die Koreaanse Kerk van Pinelands, Project Prettiness en Durbanville Modelskool, en Goodies for Girls.

 

2016 Kersprojek

Kliek hier om die lys van geskenke vir die skoenbok/sakkie te sien.