HUIS RAVENZICHT

Huis Ravenzicht is ’n bediening wat daarop fokus om vir die bejaardes daar om te gee. Besoeke word afgelê by eensame bejaardes en middels soos toiletware, linne en klere word voorsien. Waar moontlik word vermaaklikheidsgeleenthede aangebied. Die bediening se grootste behoefte is toiletware of fondse om benodighede aan te koop. Die bediening sal kan baat by die toerusting en opleiding wat nodig is vir bejaardebesoeke en pastorale hulp.

Leier / koördineerder: Dalene Dippenaar - 021-976 3864.