PLAASLIKE HULP EN KOSKAS


Plaaslike hulp en koskas is die gemeente se eie diens van barmhartigheid aan behoeftiges wat van tyt tot tyd by die gemeente kom aanklop vir kos en klere. Dit is meestal bosslapers, maar die gemeente versorg ook behoeftige families in nood. Soms word geld gegee (alimentasie), maar nie op ’n gereelde grondslag nie, en slegs in uiterste gevalle.
Soos die behoeftes aangemeld word, of mense opdaag by die kerkkantoor gedurende kantoor ure, hanteer Elda van Dyk (koster) elke situasie.

Leier / koördineerder: Elda van Dyk - 021 976 1236.

Behoeftes van die bediening: Nie-bederfbare kos en klere. Die kos word uit die stoorkamer uitgedeel deur die dag, wanneer nodig. Die volgende items word benodig:
Tee, Suiker, Marmite, Konfyt, Grondboontjiebotter, Rys, Poeiermelk, Splitertjies, Pakkies sop, Sopmengels, Tamatie-en- uiesmoor, Pasta, Twee Minuut-noedels, Mieliepap, Hawermoutpap.
BLIKKIES: Vis, Vleis, Worsies, Ertjies, Mielies, Boontjies in tamatiesous (Baked Beans).
Toiletware: Seep, Waslappe, Tandepasta, Tandeborsels, Reukweerder (Deodorant).