HUISGELOOF BORDSPELETJIE

Ons wil vir julle, as ouers in ons gemeente die geleentheid skep om huisgeloof toe te pas met jul kinders. Ons het ‘n skakel met die naam HUISGELOOF op ons webwerf waar ons elke week iets vir julle wil oplaai om die teks van die Sondag wat verby is weer vas te lê met julle kinders.

  1. Ons laai ‘n bordspeletjie op, daar is 7 elemente op die bord waarby julle as gesin kan gebruik om die teks en die boodskap van die week vas te lê. Kry vir elke lid van die familie/gesin/huis ‘n voorwerpie om die spel mee te speel. Gebruik ‘n dobbelsteen, die persoon wat die hoogste nommer gooi skuif aan en die doel is om binne 20min klaar te wees met die hele speletjie en die teks asook die boodskap te verstaan.
  2. Indien jy net wil gesels met jou kinders of huis oor die kategese materiaal kan julle die vrae wat ons elke week oplaai, bespreek.

Ons wil julle uitdaag om ‘n aand te kies en hierdie speletjie of gesprek deel van julle weeklikse roetine te maak. Dit is vir ons krities belangrik dat geloof en spiritualiteit nie net stop by die kerk se deure nie, maar huis toe gaan en ook uitgeleef word in die wêreld.

Laai die bordspeletjie hier af...