Op 31 Augustus het Dowwe Dolla kom inloer by ons damesoggend. Met die rooi lollie stewig in haar kies is Dowwe Dolla verseker Suid-Afrika se geliefste en bekendste blondine. Dolla is 'n vrou waaroor daar baie uiteenlopende opinies is: Sy word gehaat deur sommige; bemin deur te veel; beswadder deur bitterbekke en bewonder deur haarself. Sy is 'n vrou met vele talente en uiteenlopende belangstellings; baie kennisse en min kennis.

Dolla het gedoen wat sy beste doen: sy het ons vrouens laat skater vir die wêreld waarin ons bly, en haar boodskap aan ons Evas was: “Wat is dit met ons Eva’s wat so graag die hele wêreld wil please, sodat almal jou sal like. En dan een oggend kyk jy in die spieël en jy like niks van daai vreemde vrou wat terugkyk nie. Girls, dis tyd om weer jouself af te stof. Onthou jy’s 24/7 in jou eie geselskap. Jy moet jouself like!”