Die bevestiging van Eugene Malan het Sondag, 28 Januarie om 09:00 by Mosaïek plaasgevind.
'n Hartlike welkom aan Eugene en sy gesin.

Ons deel graag van die fotos wat tydens die geleentheid geneem is.

Eugene is in Johannesburg gebore, maar het as tweede oudste van vier kinders in die Kaap grootgeword. Na matriek behaal hy sy graad in Teologie aan die Universiteit van Stellenboch. Hy is in 1990 met Louise getroud waarna hulle beide hulle studie aan die Universiteit van Port Elizabeth voortgesit het. Nadat hy vir Die Konsultatiewe Sakebeweging gewerk het, betree Eugene die bediening in 1994 te Cradock-Oos Gemeente. Hy is in 1998 na PE-Hoogland Gemeente beroep waar hy tot Desember 2017 gedien het. Eugene en Louise het drie kinders: Jean-Marié is 'n tweedejaar kunsstudent aan die US, Simon is in graad 11 by Hoërskool Stellenberg en Miguette is in graad 5 by Laerskool Gene Louw. Louise is 'n Kliniese Sielkundige in privaatpraktyk. Die Malan's is bly om deel van die Sonstraalgemeenskap te word.