« Terug na Kalender

Eva wegbreek 2019

Vrydag, 01 Februarie 2019 - Sondag, 03 Februarie 2019


Laatson Chalets, Porterville

Advertensie Eva wegbreek 2019

Ons vrouebediening hou jaarliks 'n wegbreek naweek vir vroue van die gemeente. Ons nooi alle vroue van beide Sonstraal en Mosaïek uit om die naweek by ons aan te sluit.

1 - 3 Februarie 2019 te Laatson Chalets, Porterville
Koste: R500  
Bepreek jou plek vandag nog by Belinda: 021 976 1236 / kommunikasie@sonstraal.org.za

Tema: Vertrou die pad...
Die lewe gebeur met ons almal.  En wanneer die lewe met ons gebeur verloor ons dikwels die realiteit van ons geloof.  Ons beplan nie daarvoor nie, dit gebeur net.  Baie van ons is huiwerig en versigtig om te erken dat ons nie langer ‘n duidelike ervaring van God het nie.  Ons verstaan van God wat eens op ‘n tyd helder en mooi was het dof geraak.  Ons ervaar die feilbaarheid van ons gebede, die teenstrydigheid van die beloftes van ‘n genadige en liefdevolle God teenoor ‘n wêreld wat ly en vol seer is.  Jy begin kyk na gelowiges rondom jou en dink:  “...op watter planeet leef jy?”.  Ons gaan hierdie naweek saam kyk na hoe ons daar beland, maar ook hoe ons weer die vuur van ons geloof kan en moet aansteek.  Ons gaan gesels oor die redes vir ons skuldgevoel, hoe persoonlike tragedie ons geloof kan vernietig en die sekulêre wêreld soos suur ons geloof weg vreet.  Realisties en eerlik.  Ons geloof is nie ‘n stokperdjie nie, dis nie so eenvoudig as om bloot belangstelling te verloor in ons versameling van tee koppies, skoene koop of hokkie speel nie.  As jy God verloor, verloor jy ‘n totale lewe, ‘n raamwerk van geloof, waardes, en verhoudings wat orde gee, jou vorm en betekenis bring in jou lewe.  Dit bring jou op ‘n plek waar jy nie meer die goeie wil kies nie en jy ophou bid.  ‘n Plek waar alles in jou net stil is.  ‘n Donker stilte.
 
Dis ‘n slegte plek om te wees, maar ook ‘n goeie plek.  ‘n Kreatiewe plek.  ‘n Plek waar nuwe lewe moontlik is.  ‘n Plek vir groei.  Dis ‘n pad wat jy moet kies om te vertrou.
 
As jy die pad byster geraak het, as jy leef in ‘n donker stilte, as jy honger na ‘n nuwe begin... kom dan saam.


Sien jou daar
Ds Carika Hanekom