« Terug na Kalender

Week van Gebed

Maandag, 21 Januarie 2019 - Woensdag, 23 Januarie 2019

19:00
Kerksentrum

Hierdie jaar met week van gebed gaan ons bietjie ons skoene uittrek en in heilige ruimtes beweeg. Gebed was nooit net bedoel om woorde te wees nie, dit was nooit bedoel om leë beloftes te wees of om vir God versoeke te rig nie. Gebed is die heilige ruimte waar ons kan wees saam met God, by God en waar ons onsself weer opnuut kan ontdek. Ons moet gebed anders benader en nuut kyk na hoe ons God kan ontmoet in hierdie heilige ruimte.

Kom saam met ons op reis, trek jou skoene uit en ontdek hoe God jou kom beweeg met Gebed.

Aangebied deur Hanno Ackerman