Aktuele sake

by | Mar 28, 2024 | Nuus | 0 comments

Ons het van tyd tot tyd aktuele gesprekke en dokumente wat ons graag met gemeentelede deel.
Hierdie bladsy dien as argief vir sulke gesprekke.

Gender & Sekualiteit werkswinkel
‘n Oop gesprek met ouers, familie, onderwysers en leiers

Hiermee ’n uitnodiging na ’n 2-ure werkswinkel oor Gender & Sekualiteit vir ouers/grootouers/familie wat op 21 April by Sonstraalgemeente aangebied word, met ’n aanddiens gelyklopend met die werkswinkel.
Lees hier oor die agtergrond en motivering vir die werkswinkel.

Herderlike brief van die Algemene Sinode (November 2023)

Geagte broers en susters, vriende –
Die 18e Algemene Sinode van die NG Kerk in Suider-Afrika het op Vrydag, 20 Oktober 2023 met die Onse Vader-gebed, Lied 354 en die Aäronitiese seënbede afgesluit – gebede van nederige afhanklikheid van God, en ‘n Adventslied wat lui: “O Christus, ons verlange, U het ons heil gebring. Sal ooit ons jubelsange, u lof na waarde sing?”

Daar wás rede tot dank en lof in ons byeenkoms by Birchwood, Boksburg.

Klik hier om die brief van Ds. Jan Lubbe, Voorsitter: Moderamen van die Algemene Sinode 2023 te lees…

Waarom gee ons dankoffers?
Die Bybel leer ons dat ons dankoffers gawes van dankbaarheid is wat met blymoedigheid gegee moet word vir die liefde, trou, sorg en genade van die Here.
Klik hier vir die 2023 finansies in fokus.
Gedrukte kopieë is by die kerkkantoor beskikbaar.

2016 – Algemene Sinodesitting: Selfdegeslagverhoudings

Nuus

0 Comments

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.