2017 KERSFEESPROJEK (Skoenboks/Sakkie)

Sonstraal sakkies 26




Ons vra weer u hulp die jaar met die Kersfees Projek
en begin lekker vroeg met al die reëlings.
Ons wil graag weer die mensies van die Bottelary
gemeenskap bederf met ‘n skoenboks of sakkie...


Besonderhede as volg:
Vir die jonger ouderdomsgroepe het ons genoeg pakkies/bokse ontvang

Kinders 8-12: Speelding (dominoes, speelkaarte, karre, balle, poppe ens.), Skryfbehoeftes (penne, inkleurkryt, koki's  HB-potlode, uitveër, skerpmaker, pritt ), Toiletware (Haargoedjies,  kousies, tandepasta, tandeborsel, waslappie)
Vul u boks met skyfies, koekies en lekkergoed

Tieners 13-19: Geskenk: Sokker- of netbalballe, dominoes, speelkaarte, enige bordspel, tennisballe, Skryfbehoeftes (penne, inkleurkryt, kokis  HB-potlode, uitveër, skerpmaker, pritt), Toiletware (onderarm, room, kousies, tandepasta, tandeborsel, waslappie)
Vul u boks met skyfies, koekies en lekkergoed

Volw 20: Geskenk: keppies, kouse, ornamente vir vroue, dominoes, speelkaarte, enige bordspel,  Toiletware (onderarm, room, tandepasta, tandeborsel, waslappie,)
Vul u boks met skyfies, koekies en lekkergoed, kos

E-pos vir enige navrae asseblief vir Francois & Hester du Toit, cascadecape@telkomsa.net,
Liezel Dry by Mosaïek  liezel.chw@gmail.com  / 072 597 2902,

Aflewering: By die kerkkantoor gedurende kantoor ure,  Sondae by die oggend dienste of by Francois en Hester du Toit, 22 Wilgerstraat, Amanda Glen.