Kattebak Kermis

28 November
09:00 - 15:00

 

 kattebak kermis

Ons almal het tydens die grendeltyd bietjie uitsorteer en uitgegooi in en om die huis.
Hierdie is die ideale geleentheid om van daardie 'wit olifant' items ontslae te raak... en kom verkoop ook sommer jou handgemaakte / tuisgemaakte produkte!

Vul asseblief die vorm hier langsaan in om jou plek te bespreek.

Neem kennis:

  • Stalletjies moet tussen 08:00 en 09:00 op die dag reggemaak word, en die Kermis begin om 09:00.
  • Slegs twee persone mag op 'n slag jou stalletjie beman.
  • Jou stalletjie is 'n standard parkeer-area groote, + 2m vorentoe. Ons wil soveel moontlik mense kans gee om deel te neem, so ongelukkig geen dubbele spasie besprekings nie.
  • Handgemaakte / tuisgemaakte items mag verkoop word.
  • Jy moet jou goedere uit jou kattebak verkoop.
  • Bring gerus jou eie tafel. Indien jy nodig het dat ons een aan jou verskaf, dui dit so aan op die bespreekvorm.
  • Die kerk sal kosstalletjies voorsien. GEEN 'nat kos' mag by jou stalletjie verkoop word nie.

Vir navrae kontak vir Lynnette by 021 976 1236.