Van ‘n klein begin in 2016
1 skool
1 Mentor
8 MathMoms
32 Gr. 3 leerders
’n Groep werklose vroue het hul harte oopgemaak vir die kinders in hul gemeenskap. MathMoms het hulle opgelei en onder leiding van ’n afgetrede opvoeder uit die gemeenskap het hulle begin om ekstra wiskunde klasse vir Graad 3 leerders aan te bied in Elsies Rivier. Ons doel is nie net om vroue en leerders te bemagtig deur kennis en geleenthede nie, maar ook om veilige ruimtes te skep waarin gesonde verhoudinge kan floreer. Sodoende bou ons aan die veerkragtigheid van gemeenskappe waar armoede en geweld dikwels die hardste praat.
Het ons gegroei na
26 Skole
11 Mentors
68 MathMoms
40 MM Interns
74 YearBeyond Interns
2400 Gr 2-4 leerders
… in 2021. MathMoms is tans betrokke by laerskole in Elsies Rivier en omliggende area, Bishop Lavis en ook in die platteland in Rawsonville en omliggende areas. Deur ons samewerking met die Wes-Kaapse regering se YearBeyond program en ons eie intern program, help ons nou ook die jeug (18-25) in ons gemeenskappe om hul lewensdoel te ontdek.
Met Sonstraal se ondersteuning het ons as gewone mense, die ongewone bereik. Ons hoop ons kan nog ’n lang pad saamloop.
Vir meer inligting, besoek die MathMoms webblad by https://mathmoms.co.za/ of kontak vir Felicity de Kock by tel. 072 274 3354