LAINGSBURG VLEISFEES

Die NG gemeentes Sonstraal en Laingsburg het sedert 2005 ‘n baie spesiale band. Oor die jare heen het die predikante preekbeurte uitgeruil en vanjaar neem Ds Hanno Ackerman ‘n groep van twintig jongmense om uit te reik na die gemeenskap in Laingsburg.

Maar dit is veral die Laingsburg Vleisfees wat in ons omgewing bekend geword as ‘n lekker kuier geleentheid! Dan bring Laingsburg hulle vleis- en kontreiprodukte en vier ons fees saam met hulle op ons kerkterrein. Vure word gemaak, vleis word gebraai en die Laingsburg produkte word te koop aangebied om sódoende te help om Laingsburg se fondse aan te vul.

Hierdie is regtig ‘n geleentheid op ons jaarlikse kalender wat jy nie wil misloop nie!