LEEF EN LEER BYBELSKOOL

Praying hands with bible

“U leer my hoe om te lewe” (Psalm 16:11). Dit is die oortuiging agter ons Bybelskool: dat die Here self ons deur sy Gees en sy Woord leer hoe om te lewe. Daarom wil ons ons vaardigheid om die Bybel te lees so versterk dat dit werklik ’n verskil maak aan hoe ons dink en wat ons doen.

Ons bied meestal twee reekse in die jaar aan (een in die eerste en een in die derde kwartaal), waarvan die een oor ’n tema handel wat uit die Bybel belig word, terwyl die ander ingrawe in ’n spesifieke Bybelboek. Jy hoef nie ’n Bybelkenner te wees om deel te neem nie – al wat nodig is, is die honger daarna om te leer én te leef vir Hom wat ons gemaak en verlos het.